Iets vir Lourens

Haai Lourens laas Sondag was ek (alweer! sug) by die Science Museum en ek het hierdie goeters daar raakgesien.
Hierdie is 'n V8 lugverkoelde vliegtuigenjin, sy naam bietjie vergeet, maar ek dink dis Frans. 'n Renault of so iets, van hier by 1916. Hierdie enjin het daai EERSTE wêreldoorlog vegtertjies aangedryf. Kyk hoe lig is hy gebou. En ek sweer hy het maklik 40 kW gelewer sonder om te rooiwarm te word.
Die tweede foto is van een van daai ou êrries waar die ou onder die vlerk sit. Daar was so een in Daai Magnificent Manne in hulle Vliegmasjiene. Hierdie is net 'n model maar daai is baie ander wat volgrootte is en in die dak hang.
Alles is oorspronklik en van ou leër en stokkies gemaak. Nie copies nie, die ware ding. Selfs hierdie modelle lyk of hulle voor die regte vliegtuie gemaak is.

Die museum is vol sulke snaakse goed. Nie net Spitfaaiers en so aan nie maar ook daai ou goedjies wat hulle vlerke geklap het, 'n regte Pitts Special wat onderstebo hang, en 'n Executive Jet wat iemand seker nie meer wil hê nie. Daar is 'n vliegtuig met 'n stoomenjin, hy lê plat soos 'n volkswagen s'n, maar daai goed kon nooit vlieg nie, power/weight ratio te laag.
Daar's ook 'n hele paar ander rare goed soos 'n volgrootte stoomenjin van 1789 of daar rond, wat permanent ingebou was in jou plaas in as jy een nodig het, om die perde en sulke dinge mee te vervang.

Hoe kry ek al hierdie waardevolle inligting op die blog? Hier's my apparaat in die iCaf tussen al die mense wat besig is om te Skype, te Google, te Hotmail en te Giggel. As hulle emails lees natuurlik.

0 Comments:
Post a Comment
<< Home